14 Augustus 2022

Dagstuk
Johannes 5

Nadat Jesus ñ kreupel man wat al 38 jaar wag vir genesing, gesond gemaak het antwoord Hy die skrifgeleerdes wat Hom oor die wonderwerk op ñ Sabbat uitvra.
Hy verduidelik dat Hy die Lewe is, en deur in Hom te glo kan ons ewige en volle lewe kry!!

Here, ons lewe lê in U!
Ons kan ook nie lewe uit die Bybel kry sonder die fokus op U nie!
Die wet sonder die Heilige Gees wat ons wys die woord gaan oor verhouding met U is veroordelend, maar
U is Genade en Lewe!