13 Augustus 2022

Dagstuk
Eksodus 26
Die detail van die Tabernakel is belangrik omdat dit ʼn verteenwoordiging is van hoe die Troonkamer van die Here lyk.
Dis ook so wonderlik hoe alles op Jesus dui!
Want die tent van ontmoeting was net tydelik die eintlike ontmoeting met God gebeur deur Jesus!
Here dankie dat U keer op keer in die Bybel vir ons wys dat U by ons wil wees!
U is die Een wat skyn in ons midde!