12 Augustus 2022

Dagstuk
Psalm 136

“Prys die Here, want Hy is goed! Aan sy liefde is geen einde nie.”
‭‭PSALMS‬ ‭136:1‬ ‭NLV‬‬
 
Ek wens ek kon die Israeliete die lied hoor sing!
Seker ñ groep priesters wat oor die skepping sing, en die volk wat antwoord met die refrein:
Aan Sy liefde is geen einde nie!
Dan oor hulle geskiedenis met heeltyd die antwoord:
Aan Sy liefde is geen einde nie!!

Here, dankie dat dit die lied op ons lippe is vandag!
Aan U liefde is geen einde nie!!
“Loof die God van die hemel! Aan sy liefde is geen einde nie.”
‭‭PSALMS‬ ‭136:26