11 Augustus 2022

Dagstuk
Johannes 4

Oppad van Jerusalem na Galilea stop Jesus by ñ Samaritaanse dorp, om met ñ vrou wat skaam en verwerp is (sy skep water in die middel van die dag as niemand by die put is nie- vrouens skep gewoonlik vroeg oggend water) te praat.
Hy openbaar Homself aan haar as die Messias, en deur Sy boodskap van “aanbidding in Waarheid en in Gees” begin sy in Hom glo en maak die geleentheid oop vir Hom om twee dae in haar dorp te woon, en te preek sodat baie begin glo het.

In Galilea maak Hy ñ seun oor ñ afstand gesond, om ook daar te sien hoe ñ gesin in Hom begin glo, tenspyte  van Sy grootword omgewing se onvermoë om te glo.

Here, dankie dat U deur U liefde vir mense verhouding wil bou met ALMAL, ongeag hulle agtergrond en verlede!
U is die Lewende Water!