9 Augustus 2022

Dagstuk
Psalm 135

Afgode is mensgemaak en kan vir jou niks doen nie!
In Israel se dae het die nasies hulle stom beelde aanbid, soos die mense van vandag wat hulle eie weergawe van god maak sodat dit hulle kan pas.
God is groter as wat ons dink, en daarom moet ons Hom aanbid en gehoorsaam soos Hy beveel, en nie soos dit ons pas nie!

Here, ons as mense maak so gou afgode van ons eie idees!!
Mag ons bly besef U alleen moet gedien word!
U is die Enigste God!