8 Augustus 2022

Dagstuk
Johannes 3
Nikodemus word deur Jesus verduidelik hoe om tot wedergeboorte te kom!
Ons geloof in Hom bring ons in die ewige lewe in!
Daarom is Sy kruisdood:
“sodat elkeen wat in Hom glo die ewige lewe kan hê. “God het die mensdom só liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore gaan nie, maar die ewige lewe sal hê.”
JOHANNES 3:15-16 NLV
 As ons dan vir die Here lewe word Johannes die doper se woorde vir ons soos ñ refrein:
“Meer van Hom, minder van my!”
Here, mag ons leer hoe om ander tot by ñ punt van wedergeboorte te bring, deur vir hulle te verduidelik dat geloof eintlik verhouding met U is, deur te glo in U kruisdood vir ons as versoening met Vader God!
Mag ons dan meer en meer vir U lewe!
U is die Vader van Liefde!