7 Augustus 2022

Dagstuk
Eksodus 24

Die Here ontmoet nie net vir Moses op die berg nie maar ook die leiers van Israel!
Hulle sien die Here se teenwoordigheid en besef dat wat Moses vir hulle sê, waarlik van God af kom!!
Hierdie wonderlike vreesagtige teenwoordigheid van die Here, wat soos ñ vuur op die berg gelyk het, woon nou in elkeen van ons!

Here, dankie vir U Gees in ons!
U lei ons nou van binne, en nie meer deur iemand anders se ontmoeting met U nie!
U is die Vuur God van Israel!