6 Augustus 2022

Dagstuk
Psalm 134

Die volk het gereeld (drie keer ñ jaar) hierdie bedevaartslied (pelgrimslied) gesing, om die wat in die tempel werk te seën.
Dis wonderlik om vir die Here te werk, maar dit is steeds ñ werk met baie uitdagings.
“Snags in die huis van die Here werk..” - om vir die Here te werk, beteken dis nie in kantoor ure nie.

Here, mag ons die wat in Kerke, Sending organisasies en bedieninge werk vandag seën soos die volk die tempel Priesters en Leviete geseën het, in die dae van die tempel.
U is ons Seën, omdat U ons veilig hou en versorg!