4 Augustus 2022

Dagstuk
Eksodus 23

Integriteit is vir die Here so belangrik, dat Hy wette daaroor in stel!
Om nie te lieg nie, goed te werk met jou werkers en te rus op ñ gereelde basis, word hier deel van God se voorskrifte.
 
Hy maak ook die grense van Israel vas vir die volk wat oppad is na Kanaan.
(Die volke in Kanaan het juis nie in integriteit gelewe nie, dus hulle oordeel: Israel. )

Hierdie morele beginsels is steeds relevant vir ons vandag, soos bv. :
“Moenie omkoopgeld aanvaar nie, want dit maak jou blind vir die waarheid. Dit verongeluk die saak van die een wat regverdig is.”
‭‭EKSODUS‬ ‭23:8‬ ‭NLV‬‬

Here, help ons om in SA vandag met integriteit te leef, en nie te word soos die mense om ons nie!
U is die Een wat Reg is!