3 Augustus 2022

Dagstuk
Psalm 133
Waar daar eenheid is, in ñ huis, ñ werkplek, ñ kerk of enige plek waar mense eensgesind saamleef en werk, sê die psalm dat die Here sy seën “gebied” of beveel (command) oor daardie mense.
ñ Lang lewe word vir hulle belowe, sodat hulle invloed van eenheid, en goedgesindheid langer kan hou!
Soek jy eenheid met die mense om jou?
Dan moet jy gereeld versoen! 2Kor. 5:18
Seën loop van hoogste outoriteit na die onder outoriteit: dis die baard en soom voorbeeld.
Here, ons bid vir eenheid deur versoening te wil bewerkstellig, sodat ons U seën kan ervaar!
U is die Een wat salf!