2 Augustus 2022

Dagstuk
Johannes 1
“In die begin was die Woord daar, en die Woord was by God, en die Woord was self God.”
JOHANNES 1:1
Jesus is die Woord en is dus self God.
Hierdie boek Johannes beskryf Sy bediening:
Van Johannes die Doper se werk voor Hom tot Sy dissipels se oprigting word in die 1ste hoofstuk beskryf.
Vanuit die gedeelte staan Jesus as verhouding Mens vir my so uit!
Here dankie dat U elkeen van ons raaksien soos wat U Nataniël onder die vyeboom gesien het.
U sien ons in ons soeke na U en openbaar Uself as God en Vriend aan ons!
U is die Lig!