31 Julie 2022

Dagstuk
Psalm 132
Dawid se droom, sy visie, was om ʼn stad vir die Here te hê: die Dawidstad Jerusalem!
Sodat daar vir die Here ʼn “Huis”, ʼn Tempel gebou kon word!
Dawid het besef die volk Israel het almal huise maar die Here was nog aanbid in ʼn tent: die Tabernakel!
Uit liefde en eer vir die Here wou hy vir God ʼn Tempel bou.
Omdat Dawid die Here se plan as sy lewensdroom gedra het, het die Here Hom geseën!
Met beskerming, aardse goed, maar die belangrikste ʼn ewige nageslag! (Jesus bly die Ewige Koning)
Here ons wil ons drome in lyn bring met U sn.
Droom deur ons asb!
Laat die begeertes van ons hart U s’n wees.
U is ons Begeerte!