29 Julie 2022

Dagstuk
Eksodus 21
Hierdie praktiese Ou Testamentiese wette vir saam leef is hard en ongenaakbaar.
ʼn Oog vir ʼn oog was die tipe geregtigheid van die tyd, maar Jesus kondig genade aan en nou lyk reëls vir die samelewing gelukkig anders.
Wat ons egter moet raaksien is dat daar orde geskep was deur die wette in ʼn omgewing wat sonder enige stel waardes as slawe nou saam begin lewe het.
Here dankie vir U genade, maar dankie ook dat U êrens begin het met orde skep in die samelewing met wette.
U is Orde!