27 Julie 2022

Dagstuk
Titus 2
Bemoedig en wys tereg die ouer manne en ouer vroue, jong vroue, jong mans, werkers (Paulus skryf oor slawe), kinders en so dan ook almal in die kerk.
Om vooruit te gaan in die Koninkryk van die Here, is daar ñ standaard van goeie praktyke wat ons moet volg om:
“… die soort leefstyl bevorder wat die gesonde leer weerspieël.”
TITUS 2:1 NLV
Here, ons weerspieël U Waarheid!
Wat ñ voorreg en wat ñ verantwoordelikheid!
Here, help ons asb hiermee?
Help ons om met goeie maniere guns by U, en by mense te wen!
U is ons Standaard!