26 Julie 2022

Dagstuk
Eksodus 20
Die 10 gebooie het die riglyn gevorm van die Joodse kultuur, maar ook van ons Westerse samelewing!
Hierdie 10 essensiële beginsels wys ons, hoe ons verhouding met die Here moet lyk
(1-5).
Dan wys dit ons hoe ons verhouding met mense om ons moet lyk (5-10).
So is dit ñ verduideliking van Jesus se woorde oor die grootste gebod:
“Jy moet die Here lief hê en jou naaste soos jouself!”
Here, ons wil sonder ons eie manier van aanbid (gekapte klip altare), U kom aanbid op ñ eenvoudige manier, almal gelyk voor U! (v. 22-26)
Here, praat asb met ons deur U Heilige Gees soos wat U met Moses gepraat het. Ons wil nie U stem en wil mis soos die volk nie net omdat hulle bang was! Gee ons moed om U te soek!
U is die Here ons God. Die Enigste Een wat ons wil aanbid!