25 Julie 2022

Dagstuk
Psalm 130
Om op die Here te wag elke dag is ʼn voorreg!
Om op Hom te wag begin met die bestudeer van Sy Woord en dan gebed wat volg op stil word en luister na die Een wat deur Sy Heilige Gees met ons wil praat!
Dis wonderlik dat die lied van soeke na die Here gereeld voor en saam met die kinders gesing was.
Here ons wil op U wag en luister wat U daagliks vir ons sê, want ons weet U is ons Verlosser!