24 Julie 2022

Dagstuk
Titus 1

Ons het die Waarheid, sê Paulus, om ons te help en ons te leer hoe om goed, godvrugtig te lewe!

Kom ons leef so toegewyd aan die Here, en gedissiplineerd soos Paulus vir Titus en sy leiers aanmoedig om te leef!

Here, ons besef om volgens die Waarheid van die Woord te leef, vorm ñ goddelike voorbeeld in ons huwelik, ouerskap en ons werk en sosiale lewe, wat ander om ons sal help om by U uit te kom!
Here, help ons om ander so te bemoedig met ons oë gevestig op U as ons doel.
U is ons Voorbeeld!