23 Julie 2022

Dagstuk
Eksodus 19
Die Here ontmoet Moses met vreesaanjaende donderslae, rook wat uit die berg borrel en die aarde wat skud.
Die Here se plan was om die hele Israel priesters te maak, maar a.g.v. hulle vrees het dit eers in die Nuwe Testament gebeur waar ons as kerk nou almal priesters is!
Here dankie dat alle volke aan U behoort maar Israel en so ook die kerk,  ʼn voorbeeld vir die Nasies is om U te dien!
U is Almagtig!
Die God van volke!