22 Julie 2022

Dagstuk
Psalm 129
Hierdie lied wat Israeliete gesing het as hulle vir die feeste opgetrek het Jerusalem toe, het die volk se geloof gebou dat die Here hulle sal beskerm soos Hy beloof het, veral teen vyande as hulle vir die Here se aanbidding by die tempel is.
Daar is ook ñ Messiaanse verwysing na Jesus se geseling deur die Romeine.
Sy rug was oopgekloof.
Here, dankie vir U beskerming!
Omdat U gely het kan ons Leef!
U is die Een wat seën!