21 Julie 2022

Dagstuk
Kolessense 4
Paulus het in baie moeilike tye die evangelie gaan bedien aan heidene. Dit was ongewoon, en daarom juis wonderlik dat daar vriende om hom was wat hom op verskeie maniere gehelp het.
Al het hy met van hulle verskil, soos met Markus, was daar tog later versoening en samewerking.
Koester jou verhoudings, want om Jesus uit te leef vir die wêreld om jou het jy vriende nodig!
“Met woorde wat altyd vriendelik en sinvol is, moet julle ge­reed staan om die regte antwoord vir elke mens te gee.”
KOLOSSENSE 4:6 NLV
Here, dankie vir vriende om ons!
U is ons Vriend!