20 Julie 2022

Dagstuk
Eksodus 18
Jetro die skoonpa van Moses het hom dopgehou nadat hy sy dogter, Sippora na Moses gebring het saam met sy twee seuns.
Jetro het egter gesien hoe Moses die regter, en regeerder van die volk weer probeer help, en hom toe praktiese raad gegee: kry ñ stelsel van hiërargiese leierskap wat jou kan help:
Een leier oor elke tien manne (huisgesinne),
Dan ñ leier oor vyf van hulle. (Dus oor 50)
Nog ñ leier oor ñ 100 (dus vir 2 van die 50 groepleiers val onder hom.
Dan weer ñ leier oor 1000 (dus 10 leiers val onder hom).
Moses kon toe regeer, op die Here wag en die mense leer wat die Here se bepalings was.
Here, dankie dat dit opsom wat ons as gelowiges moet doen:
“Jy moet voortgaan om hulle in te lig oor God se wette en sy voorskrifte. Leer hulle hoe hulle moet lewe, en wat hulle moet doen.”
EKSODUS 18:20 NLV
U is ons Regter en Leermeester!