19 Julie 2022

Dagstuk
Psalm 128

“Welgeluksalig is elkeen wat die Here vrees…”
Wel- laat dit goed gaan met jou ligaam,
Geluk- mag dit ook goed gaan met jou siel (wil, intellek en emosies)
Salig- mag jou Gees salig (gered deur genade) met die Here wees!
Wat ñ mooi ou Afrikaanse woord!

Hierdie bedevaartslied, pelgrimslied, het Israel oor baie jare gesing soos wat hulle drie keer ñ jaar van alle kante af na Jerusalem gestap het, om die feeste te vier!
So het hulle mekaar dus gereeld herriner om aan die Here getrou te wees: dit bring seën oor jou huis en jou land!

Here, ons het U lief en vrees U met ontsag!
Dankie dat ons in ons huise en kinders en kleinkinders U seën mag beleef!
Maar, Here soos Israel saamgebid en gesing het drie keer ñ jaar vir die vrede van Jerusalem, so kom bid ons ook vir ñ nationale vrede oor Suid Afrika!
U is ons Vrede!