17 Julie 2022

Dagstuk
Eksodus 17
Die Here laat vir Israel water uit ʼn rots kom, want baie jare daarna sal die Rots, die Messias, vir ons lewende water gee: Sy Heilige Gees!
Joshua wen die Amalekiete as Moses op die berg wat die stryd oorskadu, sy hande hoog het, maar as hy dit sak verloor die Israeliete!
Daarom hou Aaron en Hur sy hande omhoog.
Het jy vriende wat jou so kan help en jou hande spreekwoordelik omhoog kan hou?
Here dankie vir vriende wat ons bystaan in tye wat ons nie meer kan nie!
Dankie vir U Heilige Gees! Dis soos Lewende Water uit ons Rots!
U is ons Rots!