16 Julie 2022

Dagstuk
Psalm 127
Tevergeefs werk jy en beplan jy as die Here nie deel daarvan is nie!
Maak Hom deel van jou beroeps-besluite en deel van jou familie-lewe.
Jou kinders is ʼn seën van die Here af!
Here dankie vir elkeen van ons se gesinne, ons besef dat ons kinders ʼn geskenk uit U hand is en dat elke kind deur U beplan is.
U is ons Vader!