14 Julie 2022

Dagstuk
Eksodus 16
Die logistiek om oor ʼn miljoen mense kos te gee elke dag moes enorm wees, dis hoekom die Israeliete na net ʼn maand begin kla het van die honger al hulle padkos vanaf Egipte het op geraak.
Daarom voorsien die Here toe vir hulle vleis in die aand: kwartels en brood in die oggend: manna!
Die bo-natuurlike kos vanuit die hemel het Israel ook geleer dat die Sabbat geheilig moes word. Daar was nie kos op die Sabbat nie maar die dag vooraf was daar dubbel soveel en moes hulle in beplanning vir die rusdag dubbel van die kos optel.
Hierdie kos het vir 40 jaar die Israeliete gevoer!
Here dankie vir hierdie logistieke wonderwerk wat 40 jaar lank geduur het en eintlik die volk help vorm het!
U is ons Brood van Lewe!