13 Julie 2022

Dagstuk
Psalm 126
Die Pelgrimslied is geskryf eers nadat Juda uit ballingskap terug-gekeer het van Babilon af. (Dus in Ezra en Nehemia se tyd of later, selfs in Maleagi se tyd)
Die tema hier is dat die Here ons vreugde herstel al is daar tye van trane in ons lewens soos Israel toe beleef het.
Here dankie dat U ons weer laat lag ten midde van en ten spyte van ons omstandighede!
U is ons Bron van Vreugde!