12 Julie 2022

Dagstuk
Kolossense 1
Die geheim is:
Christus leef in julle!
Hoe wonderlik dat hierdie Jesus wat in ons woon en so saam met ons…deur ons lewe, die sigbare uitbeelding van die onsigbare God is!
Hy is God!
Hy het mens geword en hier by ons kom wees!
Hy was en is sonder sonde!
Hy is die hoogste gesag, alles is deur Hom geskep!
Hy versoen ons met God deur Sy sondelose lewe vir ons sondige lewe te geruil het aan die kruis!
Jesus Dankie vir U genade en dat U ons  versoen met U!
U wil die hele wêreld red! Mag ons U bly help deur die mense van U liefde te vertel en dit uit te leef!!
Here ons streef en leer van U sodat elke mens in ʼn volmaakte verhouding met U kan staan!
U is die Eerste!