9 Julie 2022

Dagstuk
Lukas 24

Jesus het opgestaan!
Hy was nie meer tussen die dooies nie, maar het die dood oorwin en Lewe!!!
Om dit te bevestig, verskyn Hy vir 40 dae aan verskeie mense: die vroue by Sy graf, die Emmaus gangers, die dissipels en baie meer (selfs aan ñ groep van 500).  
Sodat almal tot vandag toe kan weet:
Hy het opgestaan!!!

Hy het ook opgevaar na die hemel!

Here, dis vir ons wonderlik dat U die dood oorwin het!!
Daarin lê ons oorwinning oor die dood ook!
Dankie dat U in die hemel nou vir ons voorspraak by Vader doen!
U is die Lewende!