8 Julie 2022

Dagstuk
Eksodus 14

“Wag en kyk! Die Here sal in julle plek veg.”
‭‭EKSODUS‬ ‭14:14‬ ‭

Die Here kloof die see oop, om die Israeliete droogvoets deur die water te laat trek, maar toe die Egiptieseleer agter hulle aantrek, die see ingaan maak die see toe en Farao en baie van sy manskappe verdrink.
So veg die Here vir Moses en die volk.
Bonatuurlik!
So sal Hy ook vir jou veg, en sorg dat jou vyande jou nie van agter kan inhaal nie!

Here, soos ons gister gesien het in Psalm 124, sluk ons vyande en vloede ons nie in nie, maar red U ons.
Ons sien dit vandag uit die geskiedenis van Israel!
Dankie Here!!
U is Getrou!