7 Julie 2022

Dagstuk
Psalm 124

As die Here nie aan ons kant was nie… sou vyande en vloede ons ingesluk het!
Ten spyte van petrolpryse, loadshedding, politiek en als wat voel of dit jou insluk: weet een ding verseker, die Here is aan jou kant!

“Ons hulp kom van die Here, wat hemel en aarde gemaak het.”
‭‭PSALMS‬ ‭124:8‬ ‭NLV‬‬

Here, dankie dat U ons help deur saam met ons in ons moeilike situasies te veg!
U is ons Vors!