6 Julie 2022

Dagstuk
Lukas 23
Jesus se kruisiging en dood word beskryf.
In hierdie absolute moeilike tyd bedien en profeteer Hy steeds aan die vroue van Jerusalem, aan Simon van Sirene wat Hom help, Hy vergewe almal wat Hom kruisig, en kondig redding vir die rower aan die kruis langs Hom aan.
In Sy nood bedien Hy steeds ander!
Daarom sê die Centurion, dat Hy waarlik regverdig was!
Dis ook hoekom Josef van Arimitea Hom in sy nuwe graf gaan lê!
Here, somtyds as ons swaar kry sien ons nie ander se nood raak nie! Maar U het ons met U lewe bedien, en steeds individu om die kruis raak gesien!
Mag ons so ook mense sien en bedien!
U is ons Verlosser!