5 Julie 2022

Dagstuk
Eksodus 13

Elke oudste seun behoort aan die Here!
Almal behoort aan die Here, maar vir die Israeliete is hulle God s'n op ñ besonderse manier, om Jode tot vandag toe te herriner dat die Here die eerste seuns van Israel gespaar het, terwyl die in Egipte gesterf het.
Eerste seuns moes vrygekoop word, deur ñ offer in hulle plek te slag. Gewoonlik ñ lam maar, vir arm mense ñ duifie.
Jesus se ouers koop Hom vry met ñ duif in die Tempel toe Hy 8 dae oud was.

Here, ons besef ons behoort aan U, maar daar is oudstes wat op ñ besonderse manier aan U behoort.
Mag hulle elkeen dit koester en uitleef.
Deur U oudste Seun is ons nou elkeen U s'n.
U is ons wolkkolom en  nag !