4 Julie 2022

Dagstuk
Psalm 123

Te midde van moeilike tye is ons vertroue op die Here soos ‘n slaaf na sy meester kyk vir versorging.
Here, ons is afhanklik van U!
Van U Genade!
Die Israeliete het vir eeue uitgesien en gesing oor U Genade!
Jesus wat in ons plek verag en gespot was, gesterf en opgestaan het, is ons Genade!

Here, U verlos ons van veragting en verwaarlosing!
U sorg vir ons!
U is Genade!