3 Julie 2022

Dagstuk
Lukas 22:40-71

Na Jesus se worstel gebed in die tuin van Getsemane (olyfpers: waar die Gesalfde “gepers” het in gebed!), word Jesus gearresteer. Hy genees egter eers die oor van een van Sy aanvallers.
Met Sy verhoor verloën Petrus Hom 3 keer, en maak die Here in Sy verhoor met Petrus oog kontak as die haan begin kraai, soos Hy vooraf geprofeteer het.
Daarna, bevind die Joodseraad die Here skuldig omdat, Hy verklaar dat Hy die “Ek is” is!

Here, help ons om U te bely, al gaan dit moeilik om ons. Mag ons uit Petrus se fout leer, en U eerder altyd die fokuspunt van ons lewe en gesprekke maak.
U is “Ek is!”