1 Julie 2022

Dagstuk
Psalm 122

Jerusalem!
Die stad waarna Israeliete reis om die Here te ontmoet vir eeue van die Ou Testamentiese tyd!
Hulle liefde vir die Here was gekoppel aan die liefde vir die stad van die Here, omdat hulle Hom daar op ñ ander manier ervaar het in Sy Tempel met Sy heerlikheid wat oor die tempelkompleks gehang het!
Daarom het hulle gesing oor die stad, maar ook vir haar gebid!
“Bid vir die vrede van Jerusalem, vir kalmte by almal wat jou liefhet.”
‭‭PSALMS‬ ‭122:6‬ ‭NLV‬‬

Here, ek sien so uit om later vanjaar weer in Jerusalem te staan!!
Ek ervaar U op ñ besonderse manier daar.
Dankie dat ons U teenwoordigheid nou altyd deur die Heilige Gees by ons het, in ons het!!
Maar, Here ons bly bid vir U stad, Jerusalem!
U is ons Vredevors wat sal heers vanuit die Nuwe Jerusalem!