29 Junie 2022

Dagstuk
Eksodus 11

Die Here waarsku Farao en die Egiptenaars van die verskriklike laaste plaag wat gaan kom: dat elke eerste gebore kind in Egipte gaan sterf!
Daar is egter beskerming vir Israel, en tyd vir Egipte om om te draai.
Maar Farao se hart is verhard.
Die Israeliete neem hierdie finale geleentheid om hulle Egiptiese base vir goud en silwer te vra.

Here, dankie dat U, U Eerste vir ons gegee het, sodat ons kan vry kom van die slawerny van sonde!
U is Regverdig!