28 Junie 2022

Dagstuk
Psalm 121

“'n Pelgrimslied. Ek kyk op na die berge: waarvandaan sal daar vir my hulp kom? My hulp kom van die Here wat hemel en aarde gemaak het.”
‭‭PSALMS‬ ‭121:1-2‬ ‭AFR83‬‬

Hierdie lied van beskerming moes die Israeliete bemoedig het as hulle na Jerusalem gereis het op hul pelgrimstog, maar ook gerus gestel het dat alles tuis ook deur die Here beskerm word as hulle reis.

Here, dankie dat U ons altyd oppas!
U is ons Beskermer!