27 Junie 2022

Dagstuk
Lukas 21
 
Jesus gee daagliks lering in die Tempel terwyl Hy in die aande na Sy vriende naby die Olyfberg gaan om te oornag.
Hy sien egter die mense gee en moedig die weduwee aan wat nie uit haar oorvloed gee nie maar alles wat sy het.
Hierna begin die Here profeteer oor Jerusalem se lot (40 jaar later) en ook die eindtye wat ons nog moet beleef voor Hy weer op die wolke in Sy heerlikheid verskyn om ons te kom haal!
 
Here ons sien dat die vyeboom ryp word: die tye en tekens van die tye dui daarop dat U koms naby is!
Ons wil gereed wees vir U koms en ons sien daarna uit!
U is ons Toevlug!