24 Junie 2022

Dagstuk
Lukas 20

Die spanning bou op tussen Jesus en die skrifgeleerdes!
Hulle bevraagteken Sy outoriteit, net om elke keer weer opnuut te hoor hoe wys Hy is en hoe hy hulle planne fnuik om Hom te probeer uitoorlĂȘ met slim teologiese vrae.
In die gedeeltes egter, is sulke kosbare teologiese waarhede opgesluit as Jesus Sy Messias-skap verduidelik: die seun van Dawid en die Here van Dawid, asook dat ons nie gaan sterf in ons opgestane liggame nie maar ook nie meer getroud wees nie.
Jesus se weersin in die godsdienstige leiers van die tyd word al hoe duideliker!
Die storie is besig om op te bou na die kruisiging!

Here, dankie dat U deur al die argumente met die mense van U tyd, vir ons waarhede gelos het waarvolgens ons kan leef!!
U is die Waarheid en die Lewe!