23 Junie 2022

Dagstuk

Eksodus 9
Die volgende 3 plae het Egipte getref:
Pes onder die vee, sere op mense en diere en daarna ʼn dodelike haelstorm!
Maar steeds het Farao hardnekkig gekies om nie die Here se volk te laat gaan nie!
Hierdie plae was Farao se geleentheid om met berou na die Here toe te kom oor hoe Sy volk hanteer het. Die Here het hom en sy Egiptiese amptenare 10 kanse gegun om reg te maak teenoor die Israeliete.
Here as U met ons praat, help ons om te luister en nie die geleentheid tot berou en bekering te mis nie!
U is Genade!