22 Junie 2022

Dagstuk
Psalm 119:137-176

“Ek verheug my in u woord soos iemand wat ’n groot skat ontdek.”
‭‭PSALM 119:162‬ ‭NLV‬‬
 
Die Here se Woord is vir ons kosbaar: dit rig ons lewe, dit is die standaard van Waarheid waarvolgens ons leef, en dit openbaar die plan en die liefde van die Here aan ons!

Here, ons wil in elke opsig vir U dankie sê vir U Bybel wat ons voed en vry maak!
U is ons Leidsman!