21 Junie 2022

Dagstuk
Eksodus 8

Die 2de plaag van paddas,
3de van muggies en 4de van vlieë het Egipte getref, maar nie Gosen waar die Israeliete gebly het nie.
Farao se towenaars kom nog plaag 1 en 2 na-boots maar daarna kon hulle nie en het selfs hulle God se mag erken.
Farao het elke keer vir Moses gesê dat die Israeliete kan gaan bid in die woestyn as die plae net kan stop.
Maar wanneer dit ophou het hy volstrek geweier dat hulle gaan!
Hy het sy hart al hoe meer verhard teenoor Israel, Moses en die Here.

Here, help ons om U werk in en om ons raak te sien, en nie ons harte te verhard teenoor U nie!
U is die Skepper wat praat ook deur die natuur!