19 Junie 2022

Dagstuk

Psalm 119:105-136

“U woord is ’n lamp vir my voete en ’n lig op my pad.”
‭‭PSALM 119:105‬ ‭

Die Woord van die Here is ‘n waarskuwing in ons lewe oor wat verkeerd is om ons en wat dan verkeerd is in ons!
Sy Woord help ons dan om die verkeerde in ons reg te stel volgens Sy standaard!

Here, U woord is die beginsel van Waarheid waarvolgens ons wil bly leef!

Op Vadersdag is dit so lekker om te weet U is ons liefdevolle Vader!!