18 Junie 2022

Dagstuk

Lukas 18

Ons moet bly bid en vra, soos die weduwee in Jesus se gelykenis, en so desperaat uitroep tot die Here soos die blinde van Jerigo!
Maar, as dit by gebed kom leer Jesus ons om nederig te bid!

Wees eerder soos ñ kind in jou geloof en gebedslewe!
As ons die gesindheid van ñ ryke gaan hê wat vir hulle als self kan uitwerk, is ons nie desperaat in ons verhouding met die Here nie en is dit makliker vir ñ kameel om deur ñ naald se oog in te gaan, as vir ñ ryke om met sy gesindheid die Here om hulp te vra!

Here, ons gesindheid in gebed is een van nederige desperaatheid en afhanklikheid, soos ñ kind!
U is ons Pappa!