15 Junie 2022

Dagstuk

Lukas 17

Jesus demonstreer Sy onbaatsugtige liefde deur die 10 melaatse mans te genees!
Net een, en dit nogal ‘n Samaritaan, draai om om vir die Here te gaan dankie sê vir sy genesing!

Daarna verduidelik die Here Sy wederkoms en ons ontmoeting met Hom as Hy ons liggame in ‘n oogwink gaan omskep in ‘n verheerlikte vorm!

Here, ons sien uit na U koms!
Mag ons met dankbaarheid leef soos daardie melaatse Samaritaan wat deur U aangeraak is!
U is ons Heilige Geneesheer en ons sien uit om weer by U te wees!