13 Junie 2022

Dagstuk
Psalm 119:57-80

“Leer my Heer, U regte weë…”
Die Heilige Gees leer ons die woord.
Soos ons dit gereeld lees, herinner en openbaar Hy vir ons wat nodig is om te weet, sodat ons kan groei!

“Die gebooie uit u mond is vir my meer waardevol as baie goud en silwer.”
‭‭PSALM 119:72‬ ‭NLV‬‬

Here, dankie dat U ons hierdie waardevolle woord leer!
Ons het dit meer nodig as kos!
U is die Woord wat lewe gee!