12 Junie 2022

Dagstuk
Lukas 16

Jesus verduidelik ons om intensioneel vrygewig te wees en nie lief te wees vir geld nie, maar eerder mense lief te hê!
Sodoende wys ons dat ons die Here liefhet!
As ons soos die ryk man ons geld hoër ag as ons goedheid teenoor ander, dan kan ons ook in die hel opeindig.
Hy en sy broers kon leer om in liefde te leef vanuit die wet, sê Jesus.

Kom ek en jy leef met ‘n ewigheid voor oë: waar geld nie so belangrik is soos liefde nie!

Here, dankie dat U ons red ook van die liefde vir geld en aardse goed!
Dankie dat U ons ‘n hemelse perspektief kom gee het deur te wys om vrygewig te wees met ons liefde wat van U af kom, is vir U in die ewige waardevol!
U is Liefde nie geld nie!