11 Junie 2022

Dagstuk
Eksodus 5

Moses en Aäron begin die gesprek met Farao, maar dit draai heeltemal teen hulle en Israel toe Farao besluit om hulle versoek te weier en die Israeliete nog harder te behandel as tevore.
Sodoende draai hy die leiers van die Israeliete van staanspoor af ook teen Moses.
Die spanning bou dus op vir die res van die storie!
Meestal as die Here jou uitkoms stuur, gaan dit eers slegter gaan voor die uitkoms gebeur!

Here, dankie dat U by Israel was, soos U met ons is, ten spyte van die vyand se erger verdrukking!
U is die God van Uitkoms!