8 Junie 2022

Dgstuk

Eksodus 4
Die Here gebruik Moses met wat hy het.
Hy is ʼn herder met ʼn herders-staf.
Die Here gaan Hom oprig as die herder van Israel daarom voeg hy by sy natuurlike vermoëns ook bo-natuurlike kragte sodat die leiers van Israel en Egipte na hom sou luister.
Die Here gee hom ook hulp in die vorm van Aaron, sy broer.
Here dankie dat U ons bo-natuurlik toerus met U Heilige Gees sodat ons ander kan vrymaak deur hulle van U te vertel!
Waar ons vashaak met woorde gee U ons “broers”, medegelowiges, die kerk, om ons te help!
U is die Een wat ons stuur!