6 Junie 2022

Dagstuk
Lukas 14

Jesus moedig ons aan om Hom met nederigheid te dien deur toegewyd te wees aan Hom en doelgerig vir Hom die lewe aan te pak!

Die wêreld glo dat alles in die lewe, en lewe self, sonder enige doel of rede is?
Maar om Jesus te vereer met ons hele lewe is ons doel en rede vir bestaan!

Here, help ons om te beplan hoe ons U toegewyd en nederig kan bedien!
Meestal is dit ook om ander om ons te bedien!
U is ons Rots!